Wonnie Sport
By Laerskool Wonderboom speel sportaktiwiteite ‘n belangrike rol in die bevordering van spanwerk, dissipline en fisieke fiksheid onder leerders. Die skool bied ‘n uiteenlopende reeks sportsoorte vir verskillende belangstellings en vaardigheidsvlakke aan.
Ons sportsoorte
Met verskeie sportsoorte om van te kies, word Wonnies blootgestel aan professionele ligas waaraan hulle kan deelneem.
Landloop
By die Wonnies kweek ons ‘n liefde vir landloop. Ons glo dat landloop voordeel vir alle sportsoorte in hou . Landloop vind in die 3de en 4de kwartaal plaas met byeenkomste en ligas op Saterdae. Landloop as sport verg toewyding, deursettingsvermoë, selfdissipline en verbeter elke atleet se selfbeeld. Daarom is alle leerders welkom om aan landloop deel te neem.
Rugby
Rugby by Laerskool Wonderboom is op hoë standaard. As deel van die A-bond wyk Suid-Oos speel ons teen die top skole in Pretoria en lewer elke jaar uitstekende resultate. Met passievolle afrigters, in samewerking met ons ouers, leer die spelers om hulself, hul eie vermoëns, spanwerk en sukses te ontdek.
Bulletjierugby
Die hoofdoel van Bulletjierugby is nie om te wen nie, maar om elke oomblik te geniet. Bulletjierugby word aangebied vir seuns vanaf 0/6 tot 0/8 en behels geen kontak ‘tackle’ nie, aangesien daar gebruik gemaak word van ‘rips’.
Hokkie
Ons Wonnie hokkie-bokkies is dogters wat vreesloos is en kans sien vir ‘n uitdagende sportsoort. Ons neem in kwartaal 3 aan die liga deel waartydens al ons 0/11-0/13-spanne hul harte uitspeel en hul vaardighede inoefen.
Krieket
Krieket is ‘n “gentleman” sport by ons skool. Ons bied die geleentheid vir almal om in die 3de en 4de kwartaal krieket te speel. Die Wonnies het 11 spanne – ‘n A- en B span in elke ouderdomsgroep.
Swem
Wonnies neem deel aan die top liga in Pretoria en ons swemmers kompeteer teen die beste. Wonnies het ‘n A- en B-swemspan wat geleentheid bied vir alle leerders om deel te neem.
Atletiek
Wonnies lewer jaarliks provinsiale atlete op wat aan die Suid–Afrikaanse Kampioenskappe deelneem. Ons beskik oor toegwyde afrigters wat gekwalifiseerd is en elke atleet tot die beste van sy/ haar vermoëns ontwikkel.
Buitesporte
Ons hou daarvan om te spog oor ons leerders, of hul nou trampolien spring, dans, ballet, resieskarretjies jaag, taekwondo doen of selfs visvang – ons wil graag weet daarvan. Ons wens gewoonlik ons leerders in die saal geluk met hul buitemuurse prestasies.
Gholf
Enige leerder (seun of dogter), wat by Laerskool Wonderboom ingeskryf is, mag deelneem. Die skool affilieer die spelers en daar is ‘n bestaande liga waaraan skole deelneem.
BevKrieket
Ons vertrou dat BevKrieket ons leerders die nodige selfvertroue gee om die spel te geniet en ook voor te berei vir krieket vir die 0/9 ouderdomsgroep.
Tennis
Tennis by Wonnies vind deurlopend plaas met ligawedstryde in die 1ste en 3de kwartale. Tydens die afseisoen oefen ons spelers by ‘n professionele afrigter wat elke leerder ontwikkel om hulle volle potensiaal te bereik.
Netbal
Wonnie-netbal is ‘n opwindende, hoogs kompeterende sport vir ons dogters. Ons speel tans in die Jubilee A-liga en met ‘n lang voorseisoen én baie ligawedstryde teen die béste netbalskole, kry elke dogter die geleentheid om hul vaardighede en tegnieke te verbeter en om teen die beste op die netbalveld te kompeteer.
Die dogters speel op weervaste bane, waarvan die skool oor 5 beskik. Daar is in elke ouderdosgroep vanaf 0/10 tot 0/13 A-, B- en C-spanne.
Skaak
Skaak floreer op twee bene by Laerskool Wonderboom. Ons het skaakoefening op Maandae en Woensdae sowel as skaakafrigting op dieselfde dae wat deur ‘n professionele afrigter geskied.
Skaak vind op die skoolterrein plaas. Die skaakafrigter fokus Maandae op die aanleer van skuiwe en nuwe strategieë en op Woensdae word dit deur die beginners, graad 1 tot graad 3 leerders, ingeoefen. Die Wonnies se skaakakademie vind ook op Woensdae plaas en word deur Me. Lelanie van der Westhuizen, ‘n professionele afrigter en Nasionale speler, aangebied.
Wonderboom wéét hoe om die regte skuiwe te maak.