Wonnies Skoolinligting

Wonnies lewer jaarliks provinsiale atlete op wat aan die Suid–Afrikaanse kampioenskappe deelneem. Ons beskik oor toegwyde afrigters wat gekwalifiseerd is en elke atleet tot die beste van sy/ haar vermoëns ontwikkel.

Tydens ons jaarlikse Wonnie Olympics, huissport, word die volgende toekennings aan ons atlete toegeken:

Junior Victrix Ludorum

Junior Victor Ludorum

Senior Victrix Ludorum

Senior Victor Ludorum

Beste Spronge

Beste Worpe

Beste Hekkies

Beste Naelloper

Beste Middelafstand

By die Wonnies kweek ons ‘n liefde vir landloop. Ons glo dat landloop voordeel in hou vir alle sportsoorte. Landloop vind in die 3de en 4de kwartaal plaas, mt byeenkomste en Liga’s op Saterdae.

Landloop as sport verg toewyding, deursettingsvermoë, selfdissipline en verbeter elke atleet se selfbeeld. Daarom is alle leerders welkom om aan die Landloop deel te neem.

Rugby by Laerskool Wonderboom is op hoë standaard. As deel van die A-bond wyk Suid-Oos, speel ons teen die top skole in Pretoria en lewer elke jaar uitstekende resultate. Met passievolle afrigters, in samewerking met ons ouers, leer die kinders om hulself, hul eie vermoëns, spanwerk en sukses te ontdek.

Elkeen wat rugby by Laerskool Wonderboom speel, word as mens en as jong ‘gentleman’ ontwikkel wat in homself glo en sy eie oordeel leer vertrou. Ons lewer jaar na jaar Cravenweekspelers op, wat absoluut ‘n wonderlike prestasie is.

Die Wonnies oefen rugby die heeljaar en ons het ‘n Rugby-Hub waar spelers deurlopend hul fiksheid en vaardighede  verbeter.

By Laerskool Wonderboom bou seuns karakter!

Wonnies Bulletjierugby fokus op die volgende:

  • Kinders vaardighede van rugby te leer
  • Kinders lief te maak vir die sport
  • Kinders se karakter te bou deur ‘n positiewe omgewing te skep en saam met maats te speel

Die hoofdoel van Bulletjierugby is nie om te wen nie, maar om elke oomblik te geniet. Bulletjierugby word aangebied vir kinders van O/6 tot O/8 en behels geen kontak (‘tackle’) nie, aangesien daar gebruik gemaak word van ‘rips’.

Die Bulletjierugby is ‘n ouer-gedrewe aktiwiteit.  Ons funksioneer onder die naam van Laerskool Wonderboom met die voorreg van hulle geriewe en ondersteuning.

Vir meer inligting, skakel gerus vir:

Meneer Ruan Desmore
Epos: ruan.desmore@wonniewolk.co.za
Sel: 072 373 4211

Netbal

Wonnie-netbal is ‘n opwindende, hoogs kompeterende sport vir ons dogters. Ons speel tans in die Jubilee A -liga en met ‘n lang voorseisoen én baie ligawedstryde teen die béste netbalskole, kry elke dogter die geleentheid om hul vaardighede en tegnieke te verbeter en om teen die beste te kompeteer op die netbalveld.

Die dogters speel op weervaste bane, waarvan die skool oor 5 beskik. Daar is in elke ouderdosgroep vanaf 0/10  tot 0/13 A-, B- en C-spanne.

 

Mini-Netbal

Mini-netbal is gerig op 0/7, 0/8 en 0/9 dogters. Daar word nie telling gehou nie en dogters leer vaardighede op ‘n informele manier aan. Massa deelname word aangemoedig. Elke kind word aangemoedig om hard te probeer, te verbeter en bowenal netbal te geniet.

 

Organiseerder: Mev. Monique du Toit

Krieket is ‘n “gentleman” sport by ons skool. Ons bied die geleentheid vir almal om, in die 3de en 4de kwartaal, krieket te speel. Die Wonnies het 11 spanne – ‘n A- en B-span in elke ouderdomsgroep. Ons is die enigste skool Noord van die Magalies wat 2 spanne in ‘n ouerdomsgroep het. Ons neem deel aan die A1-liga wat beteken dat elke speller teen die beste moontlik kompeteer.

Wonnies lewer jaarliks provinsiale en distrikspelers op. Wonnies het ook ‘n uiterse suksesvolle kriekeakademie wat die heel jaar oefen.

BevKrieket is internasionaal bekend en word deur van Suid-Afrika se top krieketskole beoefen. Die voormalige Noord-Transvaal Jeug Krieketdirekteur en SA 0/17-afrigter, meneer Shane Gouldie, het met dié konsep in Suid-Afrika begin.

BevKrieket is ouer gedrewe wat gewortel is in etiese waardes. Die doelwit is om reeds vanaf ‘n jong ouderdom ‘n liefde vir die spel te kweek, asook om die jong spelers die regte tegnieke, etiek en kultuur van hierdié “gentleman”-spel te leer. Laerskool Wonderboom bied vanaf 2016 BevKrieket aan. Pretsgewys word dogters en seuns vanaf graad RR tot graad 2 aan krieket blootgestel. Die reëls van BevKrieket is so ontwikkel dat dit klem op die veiligheid van die spelers lê. Die grote van die krieketveld is 20-25m radius, van die middel van die blad af.

’n Hardebal word gebruik, asook die nodige veiligheidstoerusting wat daarmee gepaard gaan. Die beraamde onkostes vir 2019 se registrasie beloop R300 per leerder. Oefentye is op Maandae en Woensdae vanaf 18:00 tot 19:00. Die wedstryde word vir Saterdae geskeduleer tussen 08:00 en 13:00. Daar kan moontlik op Saterdae ook wedstryde geskeduleer word. Gelde kan by die skool inbetaal word. Gebruik asseblief die kode: 222 met u kind se naam en van as verwysing.

Ons vertrou dat BevKrieket die nodige vertroue aan ons leerders kan gee om die spel te geniet en ook voor te berei vir krieket vir die ouderdomsgroep o/9.

Ons neem meestal deel teen skole van die ooste,  asook Laerskole Magalieskruin en Stephanus Roos.

Enige navrae kan aan Herman en Liné Rudolph gerig word.

Maryke: 083 411 5086
Herman: 076 527 9616
Liné: 072 466 6607

Ons Wonnie hokkie-bokkies is dogters wat vreesloos is en kans sien vir ‘n uitdagende sportsoort. Ons neem deel aan die Liga in kwartaal 3 waartydens al ons 0/11-0/13 spanne hul harte uitspeel en hul vaardighede inoefen.

Wonnie-afrigters is passievol oor Hokkie en streef daarna om ons passie en vaardighede aan spelers oor te dra.

Wonnie-hokkie is kookwater!

Mini-hokkie

Die Wonnies bied mini-hokkie aan vir O/7-O/9 dogters wat graag hierdie uitdagende sportsoort wil bemeester.  Ons entoesiastiese afrigters werk baie hard om elkeen van ons jong bokkies te leer om fantastiese speelstertjies te word.

By Wonnies se mini-hokkie is ons doel om die basiese vaardighede vir die speelsters aan te leer sowel as om die liefde vir hokkie by elkeen te kweek. . Al die nodige vaardighede word ingeoefen om sodoende die speelstertjies met entoesiasme en selfvertroue op te stuur na die ligaspanne toe.

Wonnies se mini-hokkie is aan die brand! Kom skakel gerus in en word deel van die Wonnies-hokkie familie.

Skaak floreer op twee bene by Laerskool Wonderboom. Ons het skaakoefening op Maandae en Woensdae, sowel as skaakafrigting op Maandae tot Woensdae wat deur ‘n professionale afrigter geskied.

Skaak vind Maandae en Woensdae op die skoolterrein plaas. Die skaakafrigter fokus Maandae op die aanleer van skuiwe en nuwe strategieë en op Woendae word dit deur die beginners, graad 1 tot 3 leerders, ingeoefen. Die Wonnies se skaakakademie vind ook op Woensdae plaas en word deur Mev. Lelanie van der Westhuizen, ‘n professionele afrigter en Nasionale speler, aangebied.

Ons het dié jaar 10 spanne ingeskryf vir die liga. Definitief ‘n skool waarmee gereken moet word. Ons is die enigste skool met C- en D-spanne in die liga! Die Wonnies neem ook jaarliks aan die TOP Schools kompetisie deel waar Laerskool Wonderboom die distrik verteenwoordig. Dit wil gedoen wees, Wonnies.

In 2015 is ons dogtersspan deur na die SA’s waar hulle ‘n algehele 4de plek behaal het. Puik individuele prestasies word jaarliks deur van ons spelers behaal.

Wonderboom wéét hoe om die regte skuiwe te maak.

Wonnies neem deel aan die top liga in Pretoria, ons swemmers kompeteer teen die beste. Wonnies beskik oor ‘n A- en B-swemspan wat geleentheid bied vir alle leerders om deel te neem.

Ons is bevoorreg om Hoërskool Montana se verhitte-swembad te gebruik, wat beteken ons die heeljaar swem oefen.

Die Wonnie-swemmers kry ook van die beste afrigting in Pretoria met TUKS se afrigters wat ons swemmers gedurende die seisoen afrig.

Organiseerder: Mev. Chantal Theunissen
(Chantal.theunissen@wonniewolk.co.za)

Die opgewondenheid oor die Wonnies se tennis is groot. Ons spog met 4 tennisbane en maak ook van Annlin Klub se bane gebruik.

Tennis by die Wonnies vind deurlopend plaas met ligawedstryde in die 1ste en 3de kwartale.

Tydens die afseisoen oefen on spelers by ‘n professionele afrigter wat elke leerder ontwikkel om hulle colle potensiaal te bereik.

Hierdie afrigter bied ook gedurende die jaar ekstra afrigting wat sodoende die spelers ‘n geleentheid bied om nog hoër hoogtes te bereik.

Organiseerder: Mnr. Eben Steyn

Enige leerder (seun of dogter), wat ingeskryf is by Laerskool Wonderboom, mag deelneem. Die skool affilieer die spelers en daar is ‘n bestaande liga waaraan skole deelneem.

Daar word 4 spelers van nommer 1 tot 4, volgens hul amptelike voorgee’s, vir die span gekies. Indien daar genoeg spelers is om ‘n B-span in te skryf, kan ons dit wel doen. Daar word ook ‘n reserwespeler gekies en sal slegs speel indien daar ‘n speler is wat nie kan speel nie.

Gholf word in die 4de kwartaal gespeel, maar die proewe is reeds in die 3de kwartaal.

Die spelers oefen op hul eie en Laerskool Wonderboom maak nie voorsiening vir oefentye nie. Skakel gerus vir Meneer Pieter van Niekerk by 073 607 6775 of Dieter Snyder (Akasia Gholfklub) by 083 279 4168 vir enige navrae.

Ons kinders neem deel aan allerhande sport- en kultuuraktiwiteite buite skoolverband en presteer absoluut puik! Wonnies is veelsydig. Ons hou daarvan om te spog oor ons kinders, of hul nou trampolien spring, dans, ballet, resieskarretjies jaag, taekwondo doen of selfs visvang – ons wil graag weet daarvan. Ons wens gewoonlik ons kinders in die saal geluk met hul buitemuurse prestasies. Gee asseblief die inligting by die kantoor in.

Die bemarker sal ook graag van u kind se oulike prestasies wil hoor, stuur asseblief vir haar ‘n epos na bemarking@wonwen.co.za.