Wonnies Skoolinligting
  • Klawerklitsies
  • Staccato’s
  • Koor
  • Voortrekkers
  • Redenaars
  • Public Speaking
  • Drama
  • Wonnie Teatro

‘n Wonnie-koorkind is ‘n gebalanseerde kind wat baie kan doen; hard kan werk op akademiese gebied, voluit sy deel doen op die sportveld en dan ook uit volle bors kan sing en die vreugde van musiek kan waardeer! Koorwerk bestaan nie net uit sing nie, dit is ook om sosiaal te ontwikkel, as ‘n span saam te werk en om saam pret te hê.

Die doel van die koor is om sangtalent van ‘n Wonnie te ontgin en te ontwikkel.

Die missie van die koor is om helder en suiwer koorklanke voort te bring en om ‘n liefde vir koorsang en musiek by Wonnies te kweek.

Juniorkoor

Laerskool Wonderboom se Juniorkoor bestaan uit graad 1-3 leerders. Die koorjaar strek vanaf Januarie to November elke jaar en die oudisies daarvoor vind in die vierde kwartaal plaas.

Ons neem aan Kunswedstryde en Koorkompetisies deel. Ons tree ook op saam met gaskunstenaars soos Emo Adams!

Organiseerder: Me. Carina Rademan

Seniorkoor

Die Seniorkoor bestaan uit graad 4-7 leerders. Oudisies vind plaas gedurende die vierde kwartaal. Indien ‘n koorlid hom verbind tot die koor, geld dit vir die volle koorjaar wat in Oktober begin en aanhou tot oudisies in die volgende jaar gehou word.

Die koor neem aan die volgende deel:

  • ATKV Applous
  • Eisteddfod
  • Jakaranda Kinderkoor Winterkonsert
  • Koorfeeste & funksies
  • Kunswedstryde
  • Enige skoolkultuuraktiwiteite
  • Tshwane Youth – Staatsteater

Organiseerders:

Koorleier: Mnr.  Pieter Bezuidenhout
Begeleier: Mnr. Ferdie Geyer
Organiseerder: Me. Heloïse de Nysschen

Welkom by Voor-die-Berg Voortrekkers

Die Voortrekkers is ’n moderned en dinamiese kultuurbewegig wat voorloop in die ontwikkeling van Jong Afrikaanse leiers. Ons bemagtig jeuglede om hul roeping tot Diensbaarheid as Christen uit te leef en positiewe Burgers te wees. Die Voortrekkers is ’n plek waar jeuglede kultuur, in die natuur, deur avontuur, geniet.

Kontak ons

Kommandodagbestuur van Voor-die-Berg Voortrekkers

Gary Hendry
Kommandoleier
kommandoleier@voordieberg.co.za

082 565 3752

 An-Marie Swanepoel
AKL Admin
admin@voordieberg.co.za
083 376 8223

Liné Rudolph
AKL Bemarking
bemarking@voordieberg.co.za
072 466 66607

Besoek gerus die hoofwebblad van die Voortrekkers: https://voortrekkers.co.za/ asook Voor-die-Berg Kommando: https://voordieberg.co.za/

Public Speaking is die Engelse weergawe van die Interne Redenaars by ons skool. Dit is ‘n vaardigheid wat leerders die geleentheid bied om met selfvertroue in hul tweede taal te kommunikeer.

Ons jaarlikse Public Speaking vir graad 4-7 vind in die 3de kwartaal plaas. Die leerders neem in klasverband deel wat as ‘n assessering dien. Die top 6-8 uit die graad word dan uitgenooi na  ‘n geleentheid om aan ‘n Engelse Public Speaking kompetisie deel te neem – Noord-van-die-Berg.

Die Junior Revue groep van Laerskool Wonderboom bestaan al 14 jaar onder leiding van Mevrou Rethna Oosthuizen. Die Klawerklitsies bestaan uit graad 2-, 3- en 4-leerders van Laerskool Wonderboom.  Mevrou Carina Rademan is puik met die afrigting van die liedjies vir die stemopnames, terwyl  Mevrou Stephanie Pretorius  en Meneer Chrizner Kelp knap is met die uitwerk en aanleer van die choreografie.

Die klawerklitsies bestaan uit 60 – 70 lede, afhangende van die hoeveelheid kinders wat die oudisie geslaag het.  Oudisies word aan die einde van die jaar gehou.  Temas en liedjies word deurdag uitgesoek om by die ouderdom van die kinders te pas.

Die kostuums waarmee hulle optree word deur ‘n professionele kleremaakster ontwerp en gemaak.

Die Klawerklitsies se missie is om ‘n gesonde omgewing vir kinders te skep waar dans en sing op ‘n goeie georganiseerde en gedissiplineerde wyse ontwikkel word.  Aangesien die Klawerklitsies in die openbare oog is en direk die skool verteenwoordig word van elke kind en sy ouers verwag om die gedragskode en waardes van die skool uit te leef.

Die Klawerklitsies oefen twee keer per week en het ook 3 oefennaweke  deur die jaar.  Oefentye is op ‘n Maandag van 13:45 – 14:00 en Woensdae van 15:00 – 16:00.

Die Klawerklitsies tree by verskeie groot geleenthede op en neem ook aan die grootste revue kompetisies naamlik Kaleidoscope en Beyond 2000 deel.

Die Klawerkitsies se positiewe energie is aansteeklik en die onderwysers vorm’n hegte band met elke kind.  ‘n Heerlike ervaring vir elke dansertjie in wordeing.

Redenaarkompetisies bied ‘n platform waarop Wonnies hulle redevoering kan uitleef!

Ons neem jaarliks aan die ATKV-Redenaars deel, wat vir ons ‘n spog en eer is. Daar is ook ander geleenthede waar leerders blootstelling kry om dié vaardigheid ten volle uit te leef.

Ons bied ook jaarliks ons Interne Redenaars vir juniors (gr. 1-3) en seniors (gr. 4-7) aan wat ‘n spoggeleentheid is. Leerders berei elkeen ‘n toespraak voor vir ‘n assessering en daarvolgens nooi ons die top 6-8 per graad uit, wat aan die Interne Redenaars deelneem. Die algehele wenner vir die aand, ontvang ‘n trofee by ons Meriete aand.

Ons skryf jaarliks in vir die Noord-van-die-Berg Redenaars kompeisie, waar ons leerders puik presteer.

Die redenaars kry ook ‘n geleentheid om aan ‘n Engelse Public Speaking kompetisie deel te neem – Noord-van-die-Berg.

Die Wonnie Teatro is ‘n dramagroep wat uit twintig Graad 6- en 7-leerders bestaan.  Die dramagroep het in 2016 ontstaan.  Die doel van die groep is om dramatalent en kreatiwiteit te ontwikkel. Verskeie dramategnieke soos mimiek, improvisasie, groepwerk, samesprake, tonele, opvoerings en monoloë word ontwikkel by die leerders.  Die leerders beoefen stemtegnieke en ontspan lekker met ontspanningsoefeninge. By Wonnie Teatro word ‘n geleentheid vir die leerders geskep om lekker hard te lag en die akteur of aktrise wat nog altyd weggesteek was, te ontdek.

Gedurende ‘n Wonnie Teatro-jaar woon die leerders verskillende werkswinkels by, wat radiowerk, grimering en videowerk insluit.  Daar word jaarliks ‘n geleentheid vir die leerders geskep om op die verhoog op te tree. Die leerders wys hulle talent op die verhoog vir vriende en familie tydens ‘n gesellige kuiergeleentheid.

Volgens jaarprogram: Elke Dinsdagmiddag, 16:30 tot 17:30

Organiseerder en afrigters:  Me. Sarietha van Onselen, Me. Jansie Lindeque