Won-Appétit
Ons het ‘n pragtige snoepie naamlik Won-Appétit.
Ons hou graag die snoepwinkel se dienste aan u voor en vertrou dat dit aan u as ouer en u kind se behoeftes ten opsigte van koeldrank, lekkernye en ‘n verskeidenheid daaglikse etes sal voorsien.
Top-keuses vir middagetes
Daar is daagliks ‘n verskeidenheid etes waarvan u kind kan kies. Alternatiewelik kan u kind ‘n bestelling voor skool vir ‘n spesifieke ete, volgens die spyskaart plaas, wat dan 1ste pouse, 2de pouse of na skool kan kom afhaal.
Weeklikse kospakkies
Kospakkies word elke dag opgemaak wat sal bestaan uit heerlike kos, koeldrank/water, vrug/lekkerny, ens. Kospakkies word daagliks deur u kind by die snoepie afgehaal. Kospakkies is weekliks op ‘n Maandag vooruitbetaalbaar vir die aantal skooldae in die betrokke week.
Beskikbare etes vir Won-Appétit
Kospakkies word elke dag opgemaak wat sal bestaan uit ‘n kossie, koeldrank/water, vrug/lekkerny, ens. Kospakkies word daagliks deur u kind by die snoepie afgehaal. Kospakkies is weekliks op ‘n Maandag vooruitbetaalbaar vir die aantal skooldae in die betrokke week.
Geroosterde broodjies
- Ham en kaas | R20
- Kaas | R15
- Kaas en tamatie | R20
- Vleis en kaas | R32
burgers
- Hoender | R20
- Rib | R15
- Deluxe | R20
skyfies
- Nuggets & skyfies | R32
- Worsies & skyfies | R32
- Slaai | R40
Kospakkieprys: vanaf R30 tot R50 per dag
Sou u van hierdie opsie gebruik maak, is u welkom om dit met die snoepwinkelpersoneel te bespreek sodat al die inligting bekom kan word ten opsigte van u kind se voor- of afkeure of allergieë. Hierdie opsie gee u as ouer die gemoedsrus dat u kind nie net lekkergoed by die snoepie aankoop nie, of dat hul snoepie geldjies nie verlore kan raak of dat u kind in lang rye hoef te staan nie.
Maandelikse vooruitbetaalde kredietbedrag by snoepie
U kan maandeliks ‘n bedrag van u keuse by die snoepie inbetaal. U kind kan dan volgens behoefte aankope by die snoepie doen waarvan ons die koste van die aankope van die kredietbedrag sal verhaal. Enige krediete van die vorige maand sal oorgedra word na die daaropvolgende maand.