Wonnies Skoolinligting

Woelige Wonnies – Gr. R

Laerskool Wonderboom se Graad R klasse bestaan al die afgelope 27 jaar. Ons was die eerste Afrikaanse skool, noord van die berg, wat Graad R aangebied het.

Mev. Elizna Nel staan aan die hoof van die Woelige Wonnies.
Daar is ses klasse en al ses die onderwyseresse is ervare onderwysers wat volgens ‘n vasgestelde KABV-program die kleuters onderrig.
Die ses klasse is toegerus met opvoedkundige speelgoed van hoogstaande gehalte waarmee die kleingoed heerlik tydens vryspel binne speel. Sonder dat hulle dit besef, word vaardighede so speel-speel ingeoefen om hulle gereed te maak vir Graad Vryspel buite is die hoogtepunt van die dag en die goed toegeruste speelterrein bied verskillende aktiwiteite waar die kleuters speel volgens ‘n vasgestelde speelrooster om speel-speel vaardighede in te oefen. Dit geskied onder die toesig van die ses onderwyseresse en twee assistente. Die assistente studeer Vroeë kinderontwikkeling en Grondslagfase.

Daar word ook ‘n groot verskeidenheid buitemuurse aktiwiteite tydens skooltyd aangebied:

  • A+ Students (Wiskunde Aktiwiteit)
  • Krieket
  • RSD Rugby
  • Dans (Ballet en Moderne dans)
  • Tjomme met Somme (Wiskunde Aktiwiteit)
  • Mini-Tennis
  • Skaak
  • Kleutermusiek en Blokfluit
  • Drama
  • Netbal
  • Playgolf
  • Witjassies (Wetenskap aktiwiteit)