Naskool

Mnr. Ruan Theyse

Mnr. Ruan Theÿse

Posisie: Adjunkhoof

Leerders in uniform

Die Naskool bestaan uit opgeleide en bekwame personeel wat verseker dat daar n vriendelike en veilige milieu geskep word waar kinders nog regtig kan speel en is toegerig met van die beste Naskoolfasiliteite wat n stimulerende atmosfeer skep vir huiswerkdoeleindes. Aangesien die Naskool deur die skool bedryf word, verskerp interpersoonlike verhoudings tussen personeel en leerders om mekaar te ondersteun en op hulle beste te funksioneer.

As deel van die leerders se Naskooltoesig en akademiese ontwikkeling, bestaan die Naskool tans uit ongeveer 280 leerders.
Ons het twee huiswerksessies, met bekwame personeel wat toesig en hulp verleen.
Middagetes en laatmiddagverversings word voorsien.

Die Naskool funksioneer daagliks van direk na skool tot 17:30. Ons is oop tydens alle vakansies, behalwe Desembervakansie en publieke vakansiedae. ʼn Vakansieprogram word gevolg met projekte en speletjies wat deur die toesighouers aangebied word.

Naskoolhoof: Ruan Theÿse – ahoof1@wonwen.co.za

Naskoolbestuurder: Monica Swart – naskool@wonwen.co.za

Die Aansoekvorm vir Naskool (2024) kan hier afgelaai word.  Vir die naskool se inligtingsblad kliek hier.