Gereelde vrae
Ons hou daarvan om dinge mooi en maklik te maak, so ons het ons mees algemene vrae met hul antwoorde versamel. Sien onder.
Gereelde vrae
Hoe kan ek vir skoolgeld betaal?
Geld kan kontant, deur middel van elektroniese betalings of per debietorder aan Laerskool Wonderboom betaal word. Gebruik asseblief ten alle tye u familiekode vir betalings. Hierdie kode is by die finansieskantoor, of by u kind se registeronderwyser/es beskikbaar.
Hoe laat begin die skool en die Woelige Wonnies. Hoe laat verdaag die leerders?
Skool:
Graad 1 tot 3:
Maandag tot Donderdag: 07:20 – 13:30
Graad 4 tot 7:
Maandag tot Donderdag: 07:20 – 14:00
Graad 1 tot 7:
Vrydag: 07:20 – 13:00
Woelige Wonnies:
Die personeel is al vanaf 07:00 in die oggend in die klasse, maar die program begin eers 08:00. Die program eindig 12:30 en u kan dan u kleuter kom afhaal. Kleuters wat boeties en sussies in die “groot skool” het, kan Maandag tot Donderdag in ons klasse tot 14:15 bly en Vrydae tot 13:15. Nie later nie asseblief. Naskoolkleuters word deur die betrokke persone by die klasse afgehaal.
Prosedure om 'n kind wat 'n doktersafspraak het, af te haal
Voortdurende onderbrekings in klasse noodsaak dat daar slegs voor pouses en voor die skool verdaag, afkondigings gemaak sal word. Neem dus kennis dat die kantoorpersoneel verbied word om leerders in klastyd na die kantoor te roep of afkondigings buite hierdie tye te maak.
Leerders wat afsprake binne skooltyd het, moet dit die vorige dag met hul registeronderwyser/es uitklaar. Bring asseblief die dag van die afspraak, ‘n brief saam waarin die onderwyser by wie hy/sy op die gegewe tyd sal wees, in kennis gestel word dat die leerder toestemming het om die klas te verlaat en die ouer by die kantoor te ontmoet. Dit is u verantwoordelikheid om die kind in te lig oor die spesifieke tyd wat u hom/haar kom haal en hy/sy moet self op die gegewe tyd by die kantoor aanmeld.
Grondslagfase (gr. 1-3) onderwyseresse sal behulpsaam wees om kinders kantoor toe te stuur op die gegewe tyd, maar dit is baie belangrik dat u die onderwyser vooraf skriftelik in kennis stel.
Indien my kind siek was, aan wie stuur ek die doktersbrief?
Leerders wat ‘n doktersbrief inhandig, moet dit asseblief by hul registeronderwyser/es inhandig.
Indien ek vir my kind ‘n kospakkie wil bring, wanneer en waar kan dit gedoen word?
Kospakkies of enige ander pakkies sal slegs tydens pouses aan leerders gegee word. U kan dit by die kantoor kom afgee.
Waar kan ek skool- of sportklere aankoop?
Laerskool Wonderboom is bevoorreg om ons eie klerewinkel te besit naamlik die Klerekas waar alle skool- en sportklere te koop is.
Waar kan ek die jaarprogram in die hande kry?
Die jaarprogram is aangedui op die skoolkalender wat aan die begin van die jaar elektronies aan ouers gestuur word. U kan dit ook op ons webwerf aflaai. Dit gebeur partykeer dat datums verander. Hou gerus die weeklikse elektroniese Nuusbrief dop vir enige veranderings.
Wie om te bel vir sport- of gebeurtenisnavrae?
Navrae kan aan admin@wonwen.co.za gerig word.
Indien ek enige navrae, versoeke of klagtes het, waarheen kan ek dit stuur?
Dit is belangrik dat sulke aangeleenthede op skrif geplaas word. U kan dit e-pos na die skool se algemene e-posadres, naamlik admin@wonwen.co.za.
Wanneer ontvang die Woelige Wonnies oproepe?
U is meer as welkom om die Woelige Wonnies tussen 11:00 en 12:00 te skakel of ‘n e-pos na woelig@wonwen.co.za te stuur.
Wat is die kontakbesonderhede van die Naskoolsentrum?
U kan die naskoolsentrum vanaf 11:00 by 072 060 1419 skakel. Vir meer inligting kyk gerus onder die skakel ‘Skoolinligting – Naskool’ of stuur ‘n e-pos aan me. Monica Swart by naskool@wonwen.co.za.